Die Reine Wynheid

Entertainment 2025

Martelize Brink verken die ryk grond van Suid-Afrika wynerfenis. Die legendes, nuwe wynkunstenaars, sommerliers, wingerdboukundiges, bemarkers en passievolle sjefs kuier in die ateljee. Van 1659, die Groot Constantia-erfenis, die KWV tot die “Mavericks van Malmesbury” en die klein wynprodusente van die wynstreke kom aan die beurt. Luister na "my wyn van die week" en soms vreemde wynfeite van regoor die wêreld. Elke episode word afgesluit met vyf vrae aan die gaste. Wie is hulle wynmaker “crush”? Indien hulle ‘n wyn was, watter wyn sou hulle persoonlikheid die beste verteenwoordig?

RSG Bekbasaar: EPISODE 2: Die Pinotage-sprokie

'n Plantjie wat in die agterplaas van professor Abraham Izak Perold gestaan het, het die pad van Suid-Afrikaanse wyn heeltemal verander, en 'n nuwe trots Suid-Afrikaanse kultivar geskep. Pinotage vier in 2025 sy 100ste bestaansjaar. Die gaste in hierdie episode is Beyers Truter van Beyerskloof en voorsitter van die Pinotage Assosiasie, De Wet Viljoen, ondervoorsitter en wynmaker by Wildekrans, voorheen Neethlingshof, Wilhelm Kritzinger, wynmaker van Bellevue, en Dirk Coetzee, wynmaker van L'Avenir.

01:13:14

RSG Bekbasaar: EPISODE 1: Die Reine Wynheid ontkurk!

Die Reine Wynheid vier die eerste episode met Emile Joubert, ’n wyn-, kos- en kultuurkenner, Armand Ridgard, Suid-Afrika se sommelier van die jaar, en Dalene Fourie, News24-wynskrywer. Martelize Brink gesels met hulle oor hul eerste wyn “a-ha oomblik”, Emile se wyn wat hy as kind probeer maak het met sy wetenskapstelletjie, die nommer 1 wyn wat in die restaurant, Jan in Nice, deur kliënte bestel is, en hoekom die bedryf so belangrik vir Suid-Afrika is. Ons vind ook uit wat Martelize se heel eerste wyn van die week is.

59:50
Close

Save video to ...