listen to RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit
RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit

News

Israel gaan na die stembus - wat 'n politieke omwenting in dié land kan bring

Die Israelie eerste minister Benjamin Netanyahu veg in die verkiesing om politieke oorlewing. Israelies gaan vandag stembus toe en die verkiesing word beskryf as een van die belangrikste verkiesings in die land se geskiedenis. Dit word ook gesien as 'n referendum oor Netanyahu se leierskap sedert die 2023 Hamas aanval. Ons praat nou met die politieke ontleder van die Universiteit Pretoria Roland Henwood

07:31

Gedenkplaat vir Sky...

'n GedenkPlaat is ter ere aan Sky, die polisie hond, IS by die Gedenkmuur vir Diere in Krysgdiens by die Voortrekker Monument opgerig. Die Vyfjarige Belgiese Herdershond is so ernstig beseer terwyl sy in die sorg van die polisie was ,  dat sy later van kant gemaak is. Die gedenk plaat lees: Jy het sagte hande veiligheid en warmte verdien - vertroeteling wat te laat gekom het. Jou lewe het egter saak gemaak al het die mense wat na jou moes omsien dit nie raakgesien nie. Ons praat nou met die stigter van die muur Die weermag en polisie-veteraan,  Rochè Vermaak ...

04:01

Hoekom is dit belangrik dat jy op 4 November stem? - Kenner

Vandag oor presies 12 dae gaan net meer as 29-miljoen Suid-Afrikaners die geleentheid kry om hulle kruisies in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing te gaan trek. Hierdie word as een van dié belangrikste plaaslike regeringsverkiesings beskou. In Naweek Aktueel praat Esté de Klerk met die politieke ontleder aan die Universiteit van die Witwatersrand, professor Susan Booysen.

09:38

Hoeveel stembriewe kry jy op 4 November? Luister hier!

Altesaam 546 politieke partye en byna 142-duisend onafhanklike kandidate is vir dié 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing geregistreer. En kiesers kan hulle kruisies gaan trek by byna 24-duisend stemlokale. In Naweek Aktueel praat Esté de Klerk met die woorvoerder van die verkiesingskommissie in die Noord-Kaap, Elkin Topkin.

09:56

Hoekom gee mense hul oordeel prys weens menslike desperaatheid of geloof?

Die Keniaanse pastoor, Paul Mackenzie, is dié week deur die Hooggeregshof in Mombasa skuldig bevind aan die moord op 190 kinders en een volwassene. MacKenzie en sy volgelinge het geglo dat hulle deur hongersnood die hemel sou bereik en Jesus sou ontmoet. Kinders is eerste geteiken. Dit dwing ons om ongemaklike vrae te vra oor geloof en menslike desperaatheid. En wat gebeur wanneer die behoefte aan hoop so groot word dat mense hulle oordeel prysgee en selfs hulle geliefdes se lewens aan 'n geestelike leier toevertrou? In Naweekaktueel praat Esté de Klerk met  Anton van Niekerk, 'n Emeritus professor in Filosofie en voormalige direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch hieroor. 

10:16

Naweekaktueel 24 Oktober 2026

In Naweek Aktueel vandag vra Esté de Klerk hoekom is die 2026 Plaaslike regeringsverkiesing een van dié belangrikste verkiesings waarin kiesers nog ooit gestem het? Die OVK vertel jou presies watter en hoeveel stembriewe jy gaan kry sodat jy maklik daardeur kan werk, en ons vra ongemaklike en moeilike, maar noodsaaklike vrae oor die verband tussen geloof en menslike desperaatheid.   

51:58

Afriforum wil oud president Thabo Mbheki kruisondervra

Oud-president, Thabo Mbeki, is vandag in die getuie-bank voor die Khampepe-kommissie van ondersoek in Johannesburg. Hy sal na verwagting getuig oor, onder meer, of daar ooit 'n informele ooreenkoms tussen die ANC en generaals uit die apartheids-era bereik is om vervolgings aan albei kante te vermy. Mbeki se getuienis word vandag en môre aangehoor, terwyl oudpresident, Jacob Zuma, op 'n later datum voor die kommissie sal verskyn Intussen het AfriForum  formeel versoek dat advokaat Gerrie Nel oudpresident Mbeki voor die Khampepe-kommissie kan kruisondervra. Kallie Kriel van Afriforum het vroeër gesê dat hulle die sittings bywoon sodat hulle

05:34

Swart Woensdag

Vandag herdenk ons Swart Woensdag. Die dag verwys na na 19 Oktober 1977, toe die apartheidsregering 'n groot en brutale aanval op persvryheid en anti-apartheidsorganisasies geloods het. Die destydse minister van polisie en justisie het die gewilde swart koerante The World en Weekend World (saam met die Christelike publikasie Pro Veritas) verbied en hul redakteur, Percy Qoboza, sowel as kollega Aggrey Klaaste, sonder verhoor gevangene geneem. Vandag word Swart Woensdag in Suid-Afrika elk jaar op 19 Oktober herdenk as 'n simbool van die stryd om persvryheid, vryheid van uitdrukking en demokratiese regte wat vandag deur Artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm word... Maar word al die dinge nog eerbiedig? Om daardie vraag te antwoord praat ons met News24 se ombud en die voormalige hoof van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, professor George Claasen.

09:12

“Ons moet veg vir AGOA-lidmaatskap”, sê Agri-SA

Bek-en-klouseer, hoë insetkoste, veediefstal en oorstromings. Dit is maar net ván die uitdagings waarmee Suid-Afrikaanse boere te doen het. Teen dié agtergrond het Agri SA sy jaarlikse kongres in Pretoria gehou met die tema: "Die pad is duidelik".  Om te hoor wat dit prakties beteken het die bestuurshoof van AgriSA, Johann Kotzé met Monitor gepraat. Hy het ook verduidelik watter rigting SA met Amerika moet inslaan ten opsigte van die AGOA ooreenkoms, ongeag die lande se diplomatieke verhouding.   

08:20

PAGAD is terug!!

Die organisasie, People Against Gangsterism and Drugs oftewel, PAGAD is weer werksaam in Kaapstad. Die groep, wat in die negentigerjare uit gemeenskappe se frustrasie oor dwelms en bendegeweld ontstaan het, is later met 'n gewelddadige veldtog verbind. Die groep organiseer nou weer optogte teen vermeende dwelmhandelaars en bendelede en beweer hulle is deur gemeenskappe genader. Maar wat lê agter die hernude sigbaarheid en is dit bloot 'n gemeenskapsbeweging wat druk op die polisie wil plaas? Ons het met die skrywer en die polisie se voormalige misdaad-intelligensie operateur, David Africa hieroor gepraat.

08:16

“Bly weg van Harties se krane”, waarsku waterdeskundige

Die Hartebeespoortdam in Noordwes word deesdae gekenmerk deur 'n ononderbroke invloei van rou riool en die aanwas van indringerplante soos waterhiasinte. Dr. Jack Bloom, die adjunkminister van water en sanitasie, het verlede week tydens 'n lugopname van die waterweë in Gauteng, die omvang van die besoedeling waargeneem. Hy het onder meer die Kaalspruit, Jukskei, Hennops en Krokkodilriviere bekyk en het op verskeie plekke onnatuurlike skuimvorming en wydverspreide onwettige storting waargeneem. Om die omvang van hierdie krisis te ontleed het ons met Professor Anja du Plessis, 'n waterkenner van UNISA gepraat.   

05:27

FOPNUUS: Binnelandse Sake is besig om alle onwettige buitelanders te wettig

Die Departement van Binnelandse sake gaan die onafhanklike verkiesings kommissie nader om verdere aksie te neem teen enige organisasie of persoon wat waninligting versprei oor sy benadering tot asiel-aansoeke. 'n Beslissing deur die Konstitutionele hof het die departement gedwing om 'n opdrag te rig aan alle vlugtelingsentrums om asiel-aansoeke te aanvaar, al het die persoon op 'n onwettige wyse die land binnegekom. Verskeie mense het uitgevaar op sosiale media met die mening dat dit 'n aanduiding is dat die departement besig is om alle ongedokumenteerde immigrante te wettig. Die Minister van Binnelandse sake, Dr. Leon Schreiber het aan Monitor verduidelik hoekom hulle genoop is om tot aksie oor te gaan, terwyl die leier van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma aanvoer dat die regering weereens buitelanders in Suid Afrika bo burgers plaas. 

16:18

LP maak sy eie “seksuele oortreders-register” bekend

Die polisie portefeuje komitee se voorsitter, Ian Cameron, het 'n veldtog begin waarin hy self die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Die veldtog is daarop gemik om die regering te oorreed om gestand te doen aan 'n belofte van meer as 'n jaar gelede, om die Nasionale Seksuele Oortreders Register meer toeganklik te maak. Hy het op Monitor verduidelik wie op sy lys verskyn en hoekom, en ook klarigheid gegee oor hoekom daar so gesloer word met die regering se amptelike register.  

05:33

Rekord hoë brandstofpryse gaan ons na die onwettige mark dryf

Dis die waarskuwing van 'n sekuriteitskenner wat al vir jare ondersoek instel na die onwettige handeldryf in petrol en diesel.  Waal de Waal is die hoof van operasies by Bidvest Protea Coin Security. Hulle het saam met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kommerwekkende onthullings gemaak oor die voortbestaan van kleinskaal-ondernemings wat miljoene rand uit die onwettige verkoop van brandstof maak. Hy het aan Monitor verduidelik hoe die “petrolskelms” se foefies werk en ook hoekom die regering glo nie ingryp nie.    

11:03

'n Plaasmoord in Ottosdal werp nuwe lig op Noordwes se gebrek aan ‘n landelike veiligheidsplan

Dis volgens die uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, Naude Pienaar. Die provinsie se plattelandse gemeenskap is geskok na die noodlottige aanval op 'n 55-jarige vrou van Ottosdal, Hannetjie van Zyl. Volgens die polisie is sy met 'n onbekende voorwerp aangerand terwyl sy 'n plaashek oopgemaak het. Ons het op Monitor breedvoerig hieroor gepraat.   

08:50

Nuwe Munispale Wetgewing is 'n stap in die regte rigting

So sê OUTA oor die Wysigingswet op Plaaslike Regering wat vandeesmaand in werking tree. Ondanks 'n verskerpte landwye fokus op korrupsie en beriggewing oor verkwistende regeringsuitgawes, toon die jongste plaaslike regeringsverslag steeds 'n toename in korrupsie en finansiële wanbestuur. Van R264 miljard verlede jaar, het verkwistende uitgawes vanjaar tot R268 miljard toegeneem. Julius Kleynhans is OUTA se uitvoerende hoof vir plaaslike regering en het aan Monitor verduidelik hoe die nuwe wetgewing sal werk. 

07:17

'n Suid Afrikaner is nou die wereld se Beste Fotografiese Kunstenaar

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Professor Zanele Muholi is vanjaar se wenner van die gesogte Hasseblad-toekenning. Die toekennings word beskou as die Oscar’s vir fotograwe. Die tydsberekening van die toekenning is veral nou relevant omdat Muholi se werk die werklikheid van sistemiese geweld belig. In 'n breedvoerige gesprek op Monitor het Muholi verduidelik wat die toekenning beteken en hoe die prysgeld aangewend sal word om 'n stem te gee aan wie ookal die stryd aanvoer om gehoor te word.   

09:04

Weermag huurvlugte is 'n mors van belasting geld. 

So se die militêre kenner Kobus Marais. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het binne vyf jaar bykans 2,4 miljard rand aan privaat huurvlugte bestee. Só het die Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, op 'n parlementêre vraag geantwoord. Motshekga sê dat die vlugte gebruik is om onder meer toegang tot afgeleë gebiede, vredesendings, rampbestuur en die vervoer van Baie Belangrike Persone te verseker. Maar kan Suid Afrika se weermag daarsonder klaarkom? Luister en gee vir ons jou mening. 

08:06

Jongste Krotoa-uitbeelding maak seer.

So sê die voormalige joernalis en kutuur-aktivis Romantha Botha. 'n Herrie het losgebars oor die jongste uitbeelding van een van Suid-Afrika se mees veelbesproke vroue, die Khoi-Ikoon, Krotoa. Terwyl daar nooit 'n werklike beeld van die Kaap Kolonie tolk en onderhandelaar vasgelê is nie, is daar wyd gekap na die skepping van die kunstenaar Lizelle Kruger, wie se uitbeelding van Krotoa met ligte vel toon, westerse kenmerke en selfs die voorkoms van grimering, as onsensitief beskryf is. Die skildery word tans by die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad ten toon gestel. Ons het met die twee op Monitor gepraat. Wat is jou mening oor die uitbeelding?   

14:17

Al meer mense word met dimensie gediagnoseer

Jaarliks word daar wêreldwyd 10 miljoen mense met een of ander vorm van demensie gediagnoseer, wat alzheimer se siekte insluit. September is Alzheimer bewustheidsmaand, en die Global Burden of Disease verslag van die National Library of Medicyne in Amerika, toon dat teen 2050 daar meer as 680 duisend-gevalle van demensie aangemeld sal word. Dit is 'n styging van 181 persent van 2019 tot 2050. Statistieke Suid-Afrika en die departement van gesondheid hou egter nie behoorlike statistiek oor dié siekte nie, en dus kan die data nog bleker lyk. Therisia Swart en Natasja de Kock is beide arbeidsterapeute in Pretoria, wat spesialiseer in die behandeling van die Demensie. Beide is dit eens dat as die toestand vroegtydig gediagnoseer word, dit behoorlik bestuur kan word. Swart waarsku dat nie alles toegeskryf kan word aan oud word nie...   

20:33
Close

Save video to ...