listen to RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit
RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit

News

Staak AARTO onmiddelik sê OUTA. 

Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA , het die hof op 'n dringende basis genader met 'n aansoek om die tweede fase van die implementering van die Aarto-stelsel, stop te sit. Die Administratiewe beregting van Padverkeersoortredings het op 1 Julie na 60 munisipaliteite uitgebrei. Maar OUTA sê die implementering van dié wetgewing en sy stelsels is voortydig, omdat die regering nog nie die maatreëls wat padverbruikers wettiglik beskerm, in plek het nie. Advokaat Stefanie Fick is OUTA se hoof van verantwoordbaarheid en het op Monitor uitgebrei oor die hofgeding. 

05:38

Die Good Party voel burgemeester is sleg vir Nelson Mandela Baai-metro

'n Derde mosie van wantroue is teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro in die Oos-Kaap, Babalwa Lobishe ingedien. Dié mosie is deur die GOOD-party ter tafel gelê, omdat Lobishe glo NIE beslissende leierskap bied, te midde 'n groot diensleweringskrisis nie. Die Tesourie het ook besluit om die Metro se billike aandeel-toelae vir Julie terug te hou. Raadslid Lawrence Troon van die GOOD-party wat die mosie dryf, het op Monitor daaroor gepraat. 

05:43

Die skrap van KI-kontrole beteken nie 'n "Free For All" vir studente nie, se KOVSIES

Die Universiteit van die Vrystaat het pas die gebruik van sy Kunsmatige Intellegensie-opsporing-sagteware gestaak weens kommer oor akkuraatheid. Die universiteit beweer dat die KI-opsporing nie betroubaar genoeg is om tussen mens en KI-geskrewe werk te onderskei nie. Die universiteit se hy sal voortaan eerder steun op akademiese oordeel, deeglike assessering en die verantwoordelike gebruik van KI. Prof Francois Strydom, senior direkteur by die Sentrum vir Onderrig en Leer aan die Universiteit van die Vrystaat het op Monitor hieroor gepraat.

08:53

Hoekom die gevaarligte weer flikker rondom die petrolprys en ons ekonomie, danksy die Midde-Ooste

Die Wêreld Bank het reeds aan die begin van Julie sy internasionale groei-vooruitsig afwaarts gewysig na 2-komma-5 persent vir 2026. Dit is die swakste vertoning sedert die Covid-pandemie, en het op 'n tydstip gekom toe daar nog sprake was van 'n permanente skietstaking tussen die VSA en Iran. Die twee is tans nog gewikkel in wedersydse aanvalle op mekaar, en in die streek. Dit terwyl Donald Trump, op 'n byna daaglikse basis, sy benadering tot die konflik verander. Wat beteken die onsekerheid vir wereld ekonomiese groei vir die res van die jaar en watter impak sal dit oor die korttermyn hier in Suid-Afrika he? Dawie Roodt is die hoof ekonoom by die Efficient-Groep en het aan Monitor verduidelik waarop hy fokus as aanduiding vir wanneer dinge spoedig kan vererger. 

06:34

Daar is niks ongehoords daaraan dat honderde Afrikaner-“vlugtelinge” deur die VSA afgekeer is nie

Honderde mense wat 'n nuwe lewe in Amerika onder die VSA se Afrikaner Vlugteling Program wou begin, se aansoeke is na maande afgekeur. Hulle is glo op 30 Junie daarvan in kennis gestel. Die aansoekers is om uiteenlopende redes afgekeur. Ons het by Solidariteit se hoof van Openbare Skakeling, Jaco Kleynhans gaan kers opsteek oor die redes wat verskaf is en of daar enige ondersteuning gebied sal word aan die wat reeds hulle werk opgegee het, of bates verkoop het, met die vooruitsig van ‘n nuwe lewe in Amerika.

05:08

Bek-en-Klouseer skikking: Alles wat jy moet weet

Die nuwe minister van landbou, Willie Aucamp, het binne 'n week na hy die leisels oorgeneem het, 'n skikkingsooreenkoms bereik met organisasies wat die departement hof toe gesleep het oor die regering se bek-en-klouseer-inentingsprogram. Ons het op Monitor met net mooi elke rolspeler gepraat, insluitend die minister self. 

17:03

Werkgewers kan tronk toe vir versuim om pensioengeld oor te betaal

Die Finansiële Sektor Oortredingsowerheid beplan om werkgewers, wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, behoorlik vas te vat. Op die owerheid se jongste lys van oortreders is daar 16-duisend maatskappye wat versuim het om die betalings te maak, met meer as 8-komma-3 miljard rand wat aan pensioenfondse in Suid-Afrika geskuld word. Marius Croucamp, die adjunk-hoofsekretaris by Solidariteit, het op Monitor hieroor gepraat.  

05:53

Die regering en March and March begin mekaar vind

Ons het op Monitor met die minister van binnelandse sake, Dr Leon Schreiber gepraat sodat hy kon verduidelik watter hevormings tans in die uitvoer van die immigrasie-beleid gebeur weens die maande-lange protes-optogte teen onwettige immigrasie. Die leier van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma het ook aan ons verduidelik hoe die huidige veranderinge strook met hulle eise en hoekom hulle dit nodig ag om aan te hou met weeklikse optogte.   

16:38

Kan jy bekostig om drie jaar te wag vir werkloosheidsversekering? 

Business Unity South Africa, oftewel BUSA , blyk op die oorlogspad te wees met die Werkloosheidsversekerings Fonds. BUSA, wat in 'n raadgewende posisie tussen die sakewêreld en die regering sit, het sy plek prysgegee op die Raad van die Fonds. Die instelling se versuim om na ses jaar 'n situasie van swak bestuur om te keer, lê agter die besluit. BUSA se hoof van Maatskaplike en Arbeids-beleid, Saneliswe Jantjies het aan Monitor verduidelik wat die gevolge vir werklose Suid Afrikaners is van swak bestuur by die instelling.   

08:54

Gaan tesourie se plan werk om munisipaliteite reg te ruk?

Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite kan weer toegang kry tot hulle billike toekennings-betalings mits hulle met 'n behoorlike begrotingsplan vorendag kom. Die Tesourie het daad by die woord gevoeg deur billike toekennings-betalings aan minstens 60 munisipaliteite vir Julie, te weerhou. Volgens die Tesourie doen hy dit om fiskale dissipline in munisipaliteite af te dwing en ongemagtigde onreëlmatige en vrugtelose uitgawes te bekamp. Ogalaletseng Gaarekwe die adjunk direkteur van die Inter Regerings verhoudings departement van die Tesourie  sê dat munisipaliteite 'n behoorlike begrotingsplan moet voorle om hulle fondse te kry

09:54

Die weermag het tot vandag tyd om te veruidelik hoekom soldate in 'Ebola Kwarantyn' geplaas is. 

Sowat 350 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat diens gedoen het in die Demokratiese Republiek die Kongo, en in kwarantyn is by die De Brug-basis buite Bloemfontein, bly glo in haglike omstandighede. Hulle slaap in verflenterde tente, daar is nie genoeg toilette nie en hulle kry nie genoeg kos om te eet nie. Die nasionale sekretaris van die weermagvakbond, SANWU, Pikkie Greeff sê hulle het die leierskap van die weermag tot vandag tyd gegee om te verhoed dat die kwessie in die hof draai. 

05:08

Groenewald: 'Buitelanders' in ons tronke kan eers teen die einde van die jaar gerepatrieër word.

Die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, het verlede jaar die kwessie oor die derduisende buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke geopper en werk sedertdien aktief aan 'n plan vir hulle repatriasie. Intussen, eis die MK-Party dat alle buitelandse gevangenes wat die belastingbetaler miljoene rand per dag kos, teen Erfenisdag - 24 September - gerepatrieer word. Ons het op Monitor by die minister gehoor dat die MK-Party se sperdatum beslis nie gehaal sal word nie, want ooreenkomste moet bereik word en wysigings moet aan wetgewing aangebring word.  

07:42

"Vir wie gaan julle nou kwaad wees?"Vra Dr. Imtiaz Sooliman stigter van Gift of the Givers

Die kwessie van onwettige immigrasie bly landwyd in die kollig.  Duisende buitelanders staan steeds tou om na hul lande van herkomsterug te keer uit vrees vir hul veiligheid ná betogings teen ongedokumenteerde buitelanders in Suid-Afrika.  In Kaapstad, is die humanitêre groep - Gift of the Givers - bekommered oor ontheemde mense wat uit hul gemeenskappe gevlug het. Die organisasie se stigter, Dr. Imtiaz Sooliman vertel...

05:48

"Daar is reeds baie vermag sedert die begin van die Madlanga Kommissie " sê Advokaat Glynis Breytenbach

Dit is vandag presies 'n jaar sedert die polisie-kommissaris van Kwa-Zulu Natal luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi bewerings by 'n media konferensie gemaak het dat die Suid Afrikaanse polisie diens veral die top bestuur deur misdadigers geinfiltreer is. Sedertdien het soortgelyke onthullings ook by die Madlanga-kommissie navore gekom. Om meer hieroor te praat sluit die DA-LP en lid van die ad hoc-komitee oor polisiekorrupsie in die parlement, advokaat Glynis Breytenbach is optimisties oor wat uit die gebeure gaan kom

06:40

Hoe lyk SA ‘n jaar na Mkhwanazi se onthullings? 

Op 6 Julie 2025 het KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, die land laat regop sit het met sy bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die polisiediens. Sedertdien het koppe gerol en 'n aantal sake van onder meer bedrog, omkopery en geldwassery is tans voor die hof. Suid Afrike se hele regstelsel is steeds onder die vergrootglas as gevolg van sy optrede presies 'n jaar gelede. Die onafhanklike polisie-ontleder, Chris de Kock, het op Monitor sy perspektief gedeel oor die impak wat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi se onthullings reeds gehad het.  

07:18

Meer as 2000 oortollige sterftes binne 'n week weens Europese hittegolf

Die Verenigde Nasies se weer-agentskap beskryf die rekord-temperature in Europa en Brittanje as buitengewoon. Kort op die hakke van Mei se rekord-temperature, het hittegolwe in Junie die somer-rekords verpletter, al is Julie eintlik die warmste maand. En nóg 'n hittegolf het nou wéér toegeslaan. Ons het op Monitor met Francois Engelbrecht, 'n professor in Klimatologie en die direkteur van die Global Change Institute gepraat.   

07:55

Dis hoe Nigerië vergoeding kan eis vir repatriasies. 

Die Nigeriese regering gaan druk op Suid Afrika uitoefen vir die vergoeding van eiendom wat hulle landsburgers moes prysgee in die repatriasie-proses terug na Lagos, te midde van die huidige veldtog teen ongedokumenteerde immigrante. Sover het die Nigeriese regering meer as 600 van hul landsburgers uit vrees vir geweld hier in Suid Afrika gerepatrieer. Maar kan 'n regering namens sy burgers vergoeding eis, en hoe sou so 'n proses plaasvind? Die menseregte prokureur en direkteur van Public Interest Practice, Jakob Van Gaarderen, het aan Monitor verduidelik.   

09:10

Parlimentslid soek antwoorde by die polisie oor agterstand met die verwerking van DNS monsters

 'n Agterstand van sowat 250-duisend DNS monsters. DIT is hoeveel DNS-monsters nog nié deur die polisie se forensiese wetenskaps- en biologiese laboratorium verwerk is nie. Dit sluit tussen 30- en 50-duisend misdaad-toneel DNS-monsters in wat steeds nie geprosesseer is nie, en meer as 200-duisend kruisverwante DNS-indeks-monsters. Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie, Ian Cameron, soek antwoorde by die grootkoppe van die polisie hieroor, 

09:52

Alles wat jy moet weet van die 2026-belastingseisoen

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hoop om vanjaar sowat ses miljoen outomatiese assessering te doen. Dit is wanneer belastingbetalers se opgawes outomaties ingevul word. Vir die res begin die tradisionele inhandiging van opgawes op 13 Julie. Maar waaroor moet jy hierdie belastingseisoen op die uitkyk wees? Megan Landers, die mede-direkteur van die firma, AJM het aan Monitor verduidelik.   

04:04

Wat is n geskikte tronkstraf vir Cat Matlala?

Die tenderpreneur, Vusimusi “Cat” Matlala sal tot ten minste 13 Julie moet wag om te hoor hoeveel tronkstraf hy gaan uitdien vir sy rol in die korrupte verkryging van die 360-miljoen rand Medicare24 kontrak by die SAPS. Landdros Ignatius Du Preez van die gespesialiseerde kommersiele misdaad hof in Pretoria het die aanvanklike pleit-en-vonnis ooreenkoms van die hand gewys. Hy het 'n swaarder vonnis aanbeveel. Hoe ongewoon is so 'n bevinding in ons strafregstelsel? 'n Kenner op die gebied, senior advokaat, Francois Botes het met Monitor hieroor gepraat. 

05:06
Close

Save video to ...