RSG Bekbasaar: Trou is nie Perdekoop nie - Episode 3
Pastore Stephan Bosman en Sylvester Makuvele lig die sluier, en kyk na die dinge waaroor mense nie wil praat nie. Ons duik in die ongemaklike vrae en tradisies wat steeds 'n rol speel in ons moderne samelewing. Wat is lobola, en wie betaal daarvoor? Is dit kultureel aanvaarbaar om saam te bly voor die troue? En die groot vraag: het jy 'n lisensie nodig vir 'n huwelik tussen dieselfde geslag? Hierdie episode is 'n eerlike en onverskrokke gesprek wat tradisionele en moderne sienings van die huwelik met mekaar versoen.
RSG Bekbasaar: Trou is nie Perdekoop nie - Episode 2
Hou vas aan jou trourok, of dalk net jou eie van! Ons weeg ons tradisies op – die oues én die nuwes. Pastore Stephan Bosman en Sylvester Makuvele (60+ jaar ervaring!) deel hulle wildste troustories en die ware redes hoekom ons nog trou. Van die wetlike kant, wie se van word behou, tot verrassende staaltjies soos die troue wat pastoor Stephan geweier het om te behartig en die wonderwerk wat gevolg het! En wat van liefde oor geloofsgrense? Duik saam in 'n gesprek wat jou sal laat giggel, nadink, en miskien selfs jou eie tradisies bevraagteken.
RSG Bekbasaar: Trou is nie Perdekoop nie - Episode 1
Ontmoet vir Eloïse en Solomon Cupido. Ja, hulle het dieselfde van. Nee, nee hulle is nié familie nie. Nee, hulle is nié getroud met mekaar nie! Dis amper soos ’n sitcom: twee Cupido’s wat oor die liefde praat, maar nie mekaar se Cupido’s is nie. In dié episode hoor jy hulle persoonlike stories – van die aanloop tot hulle eie troues, tot die realiteite ná die ja-woord. Hulle gesels eerlik, snaaks en met deernis oor die huwelik, gesinslewe, en hoe TROU IS NIE PERDEKOOP NIE méér as net ’n sêding is. Ons hoor ook wat om van die reeks te verwag, en hoe om self in te skakel.
Save video to ...
