Spektrum

News

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum 28 Maart 2025

Die parlement word gevra om die digitale migrasie-projek, te ondersoek. Die regering wil nuwe lewe in die Poskantoor blaas. Die hof dwing Gauteng se gesondheidsdepartement om die agterstand in kankerbehandeling uit te wis. Suid-Afrika se waterkrisis is onder die vergrootglas by 'n indaba in Midrand.

45:26

Spektrum 27 Maart 2025

Eskom kry toestemming om 'n vaste bedrag op huishoudings se sonkragstelsels te hef. Die Westdene-dam busramp word vandag, 40 jaar later, herdenk. Die Vaaldam is 107% vol.

49:31

Spektrum 26 Maart 2025

Eenheid ses van die Kusile-kragstasie is uiteindelik aan die nasionale kragnetwerk gekoppel, maar is die kool die sous werd? Magalies Water sê hy is bekommerd oor MIV-medikasie in die Roodeplaatsdam. Internasioanle klimaatdialoë gaan voort, ondanks die VSA se afwesigheid by vanjaar se G20-omgewingswerksgroep.

50:28

Spektrum 25 Maart 2025

Die ANC se voormalige woordvoerder, Pule Mabe, verskyn in die hof op aanklagte van bedrog. Kruisondervraging van die staat se sleutelgetuie in die Joslin Smith-verhoor duur voort. Gevangenes kla oor die gehalte van maaltye ná die implementering van Korrektiewe Dienste se nuwe, koste-effektiewe maaltydplan.

50:04

Spektrum 24 March 2025

Spanning bou te midde van beweerde grondgrype in Fort Jackson in die Oos-Kaap. Burgerregtegroepe sê die pos van adjunk openbare beskermer moet dringend gevul word. Die hoogeregshowe in Johannesburg en Pretoria kan nie nuwe sake aanhoor nie weens oorvol hofrolle. Ses mense in hegtenis geneem in verband met die naweek se bloedbad in Shoshanguve.

53:04

Spektrum 21 Maart 2025

Ons praat met 'n kenner oor Suid-Afrika se menseregte-uitdagings. Reaksie op die Reserwebank se onveranderde repokoers. Hoe lyk die toekoms van die IVP vandag, op sy 50ste herdenking?

49:46

Spektrum 20 Maart 2025

Vandag is D-dag vir SASSA-begunstigdes om hulle goue kaarte te vervang. Ons praat met SASSA oor probleme landwyd. Ons praat met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor kinderhandel te midde van erge armoede. Is Suid-Afrika gereed vir 'n rentekoersverlaging? Alle oë is op die Reserwebank.

47:02

Spektrum 19 Maart 2025

Die kruisondervraging van Lourentia Lombaard duur voort in die saak van die vermiste Joslin Smith. Die DA eis antwoorde by die koalisieregering in Tshwane oor 'n multimiljoenrand tender, wat glo verbind is met die metro se onderburgemeester. Meer oor die geskiedkundige vredesamesprekings tussen leiers van die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda. LP’s kla oor die lugversorging in die tentstruktuur, wat as die tydelike parlementsgebou in Kaapstad dien. Ouers wat handeldryf met hulle kinders, is skokkend genoeg 'n algemene verskynsel. Ons praat hieroor met Missing Children SA.

49:46

Spektrum 18 Maart 2025

Die Vereniging vir Plaaslike Regering waarsku dat die toename in elektrisiteitspryse sal lei tot al hoe meer onwettige kragverbindings. Die regering erken hy is verantwoordelik vir die ernstige tekortkominge in Suid-Afrika se vroeë-kinderontwikkelingsprogramme. Ses Eskom-werknemers is in hegtenis geneem in verband met, onder meer, tenderbedrog by die Kusile-kragstasie.

50:46

Spektrum 17 Maart 2025

President Cyril Ramaphosa sê hy verwag 'n verslag van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, wat die land moet verlaat. Die regering is bekommerd oor die situasie in KwaZulu-Natal waar oorstromings reeds sedert Januarie, 24 lewens geëis het. Vrae oor staatsdienswerkers in die Vrystaat se mediese fonds-bydraes wat nie by die fonds uitkom nie. Insekte word in die Hartebeespoortdam vrygelaat om te help met oorgroeide plante.

52:42

Spektrum 14 Maart 2025

Suid-Afrika se ontrekking uit die DRK skep 'n leemte wat gevul moet word, sê president Cyril Ramaphosa. Die Europese Unie se belegging van R94-mijard in Suid-Afrika, wat Amerikaanse beleggings vervang, dui op geopolitieke spanning. Graanproduksie word deur regeringbeleid gekniehalter.

52:14

Spektrum 13 Maart 2025

Miljarde rand is begroot om onderwysposte te behou, en om die weermag te ondersteun. Die kabinet verwelkom die begrotingsrede. Suid-Afrika en die Europese Unie wil hulle diplomatieke en handelsbande versterk. Die bemarking van Suid-Afrikaanse rolprente is in die kollig.

53:08

Spektrum 12 Maart 2025

Bespiegelings dat BTW effens sal styg, te midde van groot teenkanting. Ons praat hieroor met politieke partye, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder. Die jongste van die Joslin Smith-verhoor.

51:50

Spektrum 11 Maart 2025

Ons praat met 'n regskenner oor die MK Party wat dreig om die land onregeerbaar te maak. Kommer oor die moontlike afskaffing van die maatskaplike verligtingstoelae se impak op armes. 'n Suid-Afrikaanse televisieaanbieder en aktrise moet haar kinders onmiddelik terugneem Duitsland toe.

49:11

Spektrum 10 Maart 2025

Steeds onsekerheid onder RNE-vennote oor môre se begrotingsrede. Vrae oor Suid-Afrika en Iran se warm verhouding - ons praat met 'n politieke ontleder. Die uitvoerbaarheid van 'n elektroniese stemproses word bespreek.

50:52

Spektrum 7 Maart 2025

Ons bespreek Gauteng se misdaadstatisitiek met 'n kenner. President Donald Trump skort invoertariewe teen Kanada en Meksiko tydelik op. Die Vaaldam is propvol.

46:34

Spektrum 6 Maart 2025

Die bevelvoerder van die Saldanha-polisiekantoor is in die getuiebank op dag vier van die Joslin Smith-hofsaak. Die weerdiens waarsku dat Gautengers hulle moet staal vir nóg ontwrigtende reën. Vrystaat Landbou is bekommerd oor die moontlike uitkringeffek van die VSA se opskorting van noodlening aan Lesotho. Die Verkiesingskomissie ondersoek die haalbaarheid van 'n digitale stemproses vir Suid-Afrika. China waarsku dat hy gereed is vir enige soort oorlog met Amerika, nadat president Donald Trump nóg tariewe teen die land instel.

50:59

Spektrum 5 Maart 2025

'n Organisasie bekend as die Betereinders begin 'n veldtog teen die narratief dat Afrikaners slagoffers is. 'n Resolusie oor wetgewing om fluitjieblasers te beskerm, word na verwagting vandag bekendgemaak. Ons bespreek die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, se ommekeer om met die Amerikaanse president Donald Trump saam te werk. Kenners waarsku teen die gebruik van medisyne wat verval het.

50:57

Spektrum 4 Maart 2025

Die hofsaak oor die verdwyning van Joshlin Smith word voortgesit, te midde van die raaisel oor wat van haar geword het. Die helfte van Suid-Afrikaners word as oorgewig beskou. Donald Trump belowe vuurwerke wanneer hy die Amerikaanse Kongres en Huis van Verteenwoordigers vanaand toespreek. Inwoners van die Kaapse Vlakte vra dat die weermag ontplooi word om bendeweld te beveg.

49:58

Spektrum 3 Maart 2025

Motoriste kan moontlik 'n klein verligting in die brandstofprys verwag. Die vermiste Joslin Smith se Ma en haar twee medebeskuldigdes verskyn in die hof in Saldanha. Op Wêreld Wildlewedag fokus ons op die meer as een miljoen spesies wat op die rand van uitwissing staan. Die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging begin met regsoptrede, wat die regering kan dwing om 'n jaarlikse kwota vas te stel vir die verkoop van leeubeendere.

49:28
Close

Save video to ...