SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 9
Loeloeraai en sy medetydreisigers besluit eenparig dat daar geen kulturele gesprekvoering met enigiemand in 1697 gevoer kan word nie, en besoek die Aarde in 1923. Hulle wend hulle dié keer tot ’n area oos van waar hulle voorheen was. Terwyl Neelsie en Vroutjie die Aandster sit en bewonder, sê Neelsie hy wonder of daar mense op Venus woon. Vroutjie wonder: “Ás daar mense op Venus sou wees, hoe sou hulle by óns kom, of ons by húlle?”
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 8
Cleož vertel verder waarom Loeloeraai se voorgeslagte van honderde duisende jare gelede nie van Venus na die Aarde kon vlug nie, en vra Loeloeraai of sy hom maar Loe kan noem, afgelei van Loeloeraai, soos Watwo se noemnaam afgelei is van Watwobiuš. Loeloeraai verras sy medetydreisigers met sy tegniese kennis.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 7
Kaptein Malfoř, bevelvoerder van die basistuig, Galliaštíka Ontdachím, noem Cleož ’n stuk metaal waarmee hy nie wil argumenteer nie, en sy beëindig die kommunikasiesein met die basistuig. Grůš wil haar teregwys, maar Cleož wys hom dadelik op haar regte as ’n KI-entiteit. Die chronotuig, Kronogmoš, is ingestel op die chronoverwysing 1197 in ’n gebied wat eeue later as Stellenbosch bekend sou staan. Hulle word begroet deur ’n asemrowende toneel met ’n blou oseaan en wonderlike natuurskoon. Loeloeraai vertel die hartseer verhaal van hoe sy voorgeslagte van hulle planeet, P2, moes vlug as gevolg van klimaatsverandering.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 6
Grůš Watwobiuš (alias Watwo vir sy vriende) neem Loeloeraai na die Kronogmoš waar hy die androïed, Cleož, sal ontmoet wat hulle op die sending sal vergesel. Maar eers bak Watwo en Cleož hom ’n poets waaroor hy later lekker kon lag.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 5
Op Oudtshoorn wonder Neelsie of hy en Vroutjie nie dalk ‘n bietjie met Herrie en die trem moet gaan vakansie hou so kort voor Kersfees nie. Loeloeraai is só geskok toe hy Grůš se ware identiteit uitvind en hoor van sy aandadigheid aan Maksor se bedrog, dat hy niks met Grůš te doen wil hê nie. Maar dan onthou hy dat hy sélf nie alles omtrent homself aan Grůš vertel het nie...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 4
Grůš oortuig Maksor om hom kans te gee om Loeloeraai eers goed te leer ken. Indien hy kan vasstel dat Loeloeraai nie is wie hy voorgee om te wees nie, maar ‘n agent is wat heimlik op Maksor spioeneer, sal hy persoonlik toesien dat Loeloeraai uit die weg geruim word. Grůš besoek Loeloeraai weer met die doel om hom te waarsku en om die aap uit die mou te laat, maar bedink hom ter elfder ure.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 3
Grůš Watwobiuš ontmoet L2R1 (Loeloeraai) in sy werksfeer. Hulle praat informeel oor die sending en Loeloeraai erken teenoor Grůš dat hy die Opperbevelhebber nie volkome vertrou nie. Grůš lê direk daarna weer besoek af by Maksor en waarsku hom dat die Kulturele Attaché snuf in die neus oor die sending gekry het.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 2
Kommandeur Grůš Watwobiuš van Maksor se Geheime Diens, Šukroš Dinštíka, word na die Opperbevelhebber se saal ontbied en opdrag gegee om Kulturele Attaché L2R1 te elimineer omdat hy ʼn bedreiging is vir intergalaktiese veiligheid en sekuriteit. Onbewus van hierdie gebeure in die verre toekoms, sit Neelsie en Vroutjie rustig op hulle bankie onder die eikeboom in die agterplaas van hulle huis op Oudtshoorn. Hy sê hy’s dankbaar oor die vordering wat met die taal gemaak is, soos die goedkeuring om onderrig eers op laerskool en later ook op hoërskool in Afrikaans te laat geskied.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 1
In opdrag van RSG as deel van Afrikaans 100 wat op 8 Mei 2025 die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal herdenk. Kulturele Attaché L2R1 (alias Loeloeraai) word na die saal van die Intergalaktiese Opperbevelhebber, Keiser Maksor, ontbied. Drie millennia in die verlede sit Neelsie en Vroutjie op Oudtshoorn teen skemer op ʼn bankie onder die eikeboom agter die huis en praat oor sy bydrae tot die taalstryd.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 60 (slot)
Tuis. Lauren en Susan is oudergewoonte weer besig om klippe te stapel. Hulle nooi Magda om te kom help.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 59
Deon besef wat Izel mee besig was – te laat. Albert en Izel is weg.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 58
Richard en Tanya bespreek wat om te doen oor die boek wat Izel nie meer wil laat publiseer nie. Tanya ontvang haar eerste boodskap van Izel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 57
Deon en Susan lê langs die swembad en gesels oor hulle toekoms. Hulle hoor hoe die helikopter enjins opwarm...
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 56
Dennis en Richard maak planne oor wat hulle kan doen as Izel en Albert van die skip wegvlieg. Lauren en Essie se vriendskap verdiep.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 55
Susan en Magda gesels oor wat gebeur het, en oor wat sal gebeur as hulle by Nova Sentrum terug is. Izel voer haar finale onderhoud met Tanya.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 54
Albert en Izel maak planne om te ontsnap voor hulle in Suid Afrikaanse water seil.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 53
Deon en Susan speel oop kaarte met mekaar. Deon se bekentenis oor sy verlede skok Susan, maar sy verstaan waarom hy so opgetree het.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 52
Deon en Denis spoor die vermiste oorlogwapens op, en besluit wat om met die inligting te doen.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 51
Magda, Susan, Lauren en Deon hou ‘n vergadering in die klein kapel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 50
Deon konfronteer vir Izel. Hy laat haar verstaan dat hy weet waarmee sy besig is, en vra dat sy haarself oorgee.
Save video to ...
